For the English version, see Bond Protection

Shackleton Life se Huislening Beskerming Versekering is ‘n verband versekeringsplan wat spesifiek ontwerp is om buigsame risiko voordele te bied ten opsigte van huislening beskerming.

Die Shackleton Life Huislening Beskerming Versekering plan betaal die oorspronklike verband in die geval van Dood, Gevreesde Siekte of Permanente Ongeskiktheid, en die maandelikse verbandpaaiemente in die geval van siekte, besering, tydelike ongeskiktheid en afdanking.

Die huiseienaar het die buigsaamheid om enige kombinasie van voordele te kies, bo en behalwe die Doodsvoordeel. 

Die waarde wat Shackleton Life se Huislening Beskerming Versekering bied

Ons maak Huislening Beskerming Versekering meer toeganklik en bied jou Keuses, Gemak en Kundigheid asook ’n bekostigbare alternatiewe versekeringsproduk om jou huis te beskerm. Die eenvoudige en vinnige proses kan verseker dat daar na jou finansiële behoeftes omgesien word en dat jou belangrikste bate lewenslank beskerm is.

Plan voordele

  1. Direkte betaling van voordele in jou huislening.
  2. Doodsvoordeel (betaal ‘n enkelbedrag direk in die huislening binne 48 uur na ontvangs van al die dokumentasie van ‘n geldige eis).
  3. Paaiement beskermingsvoordeel (dek die verband paaiement in die geval van siekte, besering, tydelike en permanente ongeskiktheid).
  4. Permanente ongeskiktheid (betaal ‘n enkelbedrag direk in die huislening in die geval van ‘n geldige ongeskiktheidseis).
  5. Gevreesde siekte voordeel (betaal ‘n enkelbedrag direk in die huislening in die geval van ‘n geldige gevreesde siekte eis, sodat jy op beterskap kan konsentreer).
  6. Afdankingsvoordeel (dek die verband paaiement vir tot 6 maande, terwyl jy daarop konsentreer om nuwe werksgeleenthede se identifiseer).
  7. Geen mediese of MIV-toets word vereis nie.
  8. Twee lewens kan onder een polis verseker word, om sodoende ‘n meer bekostigbare premie te verseker.
  9. Die polis kan aan enige finansiële instelling gesedeer word.
  10. Die polis sal die volle sterftevoordeel by dood betaal, selfs indien die paaiement beskermingsvoordeel geëis is.
  11. Terwyl ‘n geldige paaiement beskermingsvoordeel geëis word, hoef geen polis premies gedurende die tydperk betaal te word nie.
  12. Tot R1 500 000 dekking.
  13. Bybetalingsdekking kan bykomende sekuriteit vir finansiële behoeftes bied.
  14. Maklik om aansoek te doen. (Ons hanteer al die papierwerk om dit vir jou so maklik as moontlik te maak).
  15. Jy mag jou dekking vermeerder of verminder om aan jou huislening vereistes te voldoen.
  16. Tot 3 maande gratis doodsdekking terwyl die verband registrasie hangende is.
  17. Dekking word verskaf vir die volle termyn van jou huislening.  

Produk Beskrywings 

Doodsvoordeel 

In die geval van dood sal Shackleton Life Huislening Beskerming Versekering ‘n voordeel uitbetaal, gelykstaande aan die versekerde bedrag. Indien die versekerde bedrag groter is as die uitstaande huisleningbalans, sal die verskil ook in die huislening inbetaal word. 

Paaiement Beskermingsvoordeel 

Indien die huiseienaar, as gevolg van siekte of liggaamlike besering, nie ‘n inkomste kan verdien vir ‘n tydperk van 90 dae of meer nie, sal Shackleton Life Huislening Beskerming Versekering die maandelikse huislening paaiemente betaal, terwyl die huiseienaar nie kan werk nie. 

Enkelbedrag Ongeskiktheidsvoordeel

As die huiseienaar heeltemal en permanent ongeskik verklaar word en verhinder word om ‘n inkomste vir ‘n tydperk van 90 dae of meer te verdien, sal Shackleton Life Huislening Beskerming Versekering die huislening paaiemente betaal vir die eerste 24 maande, voordat die enkelbedrag wat gelykstaande is aan die versekerde bedrag, in die huislening betaal word. Indien die versekerde bedrag groter is as die uitstaande huisleningbalans, sal die verskil ook in die huislening inbetaal word. 

Afdankingsvoordeel

As die huiseienaar afgedank word vir ‘n tydperk van langer as 30 dae, sal Shackleton Life Huislening Beskerming Versekering die huislening paaiemente vir tot 6 maande betaal, sodat die huiseienaar die gemoedsrus het om alternatiewe werk te vind. 

Gevreesde Siekte Voordeel

As die huiseienaar gediagnoseer word met enige van die siektes wat hieronder gelys is, sal Shackleton Life Huislening Beskerming Versekering die versekerde bedrag na ‘n tydperk van 90 dae betaal, sodat die huiseienaar op beterskap kan konsentreer. Indien die versekerde bedrag groter is as die uitstaande huisleningbalans, sal die verskil ook in die huislening inbetaal word.

Die volgende 12 gevreesde siektes word gedek:

Blindheid, Kanker, Koma, Kroonslagaar Hartomleiding Weefseloorplanting, Hartaanval, Hartklep Chirurgie, Verlies van ‘n Ledemaat, Ernstige Brandwonde, Hoof Orgaanoorplanting, Verlamming, Nierversaking, Beroerte. 

Terme & Voorwaardes 
Minimum intree-ouderdom 18 met volgende verjaardag
Maksimum intree-ouderdom 60 met volgende verjaardag
Maksimum verstrykingsouderdom Polisverjaardag voor 80ste verjaardag
Voordeel verstrykingsouderdom Polisverjaardag voor 65ste verjaardag
Termyn Selfde termyn as die verband
Paaiement beskermer opsies 24 maande of volle termyn
Minimum versekerde bedrag R100 000
Minimum maandelikse premie R75 per maand
Lenings Geen leningsfasiliteit is beskikbaar nie
Afkoopwaardes Geen

Hierdie inligting is van ‘n algemene aard en moet nie gedetailleerde finansiële beplanning vervang nie. Die volledige terme en voorwaardes is vervat in die polisdokument, wat aan jou gestuur sal word op aanvaarding van die polis. 

Die Shackleton Life Huislening Beskerming Versekering plan word onderskryf deur Old Mutual Alternative Risk Transfer, ‘n lid van die Old Mutual Groep.

Voltooi die volgende vorm vir ‘n kwotasie:

Huislening Beskermer
Rookstatus

Motor en Huisinhoud

Jy kan motorversekering sowel as motor- en huisinhoud versekering kwotasies kry vir Huisinhoud dekking. Kies tussen omvattende dekking…

Verbandversekering

‘n Verband Beskermer Polis om jou huislening of maandelikse paaiement te dek in geval van dood, ongeskiktheid, siekte of werksverlies…

Lewensversekering

Kry ‘n kwotasie vir lewensversekering en jy kan tot 22% bespaar aan premies. Geen mediese ondersoeke word vooraf verlang nie…

Mediese Fondse

Hoe kies jy die regte mediese fonds om na jou en jou familie om te sien wanneer jy dit die nodigste het? Dit is geen maklike taak nie..

KONTAK INLIGTING
Tel: 086 110 1338
Faks: 086 743 6455
Epos: info@multiprof.co.za
POS ADRES
Posbus 804
Hermanus
7200