For the English version, see Bond Insurance Quotes

BondAbility is ‘n verbandversekeringsplan wat spesifiek ontwerp is om ten opsigte van huisleningsbeskerming buigsame risikovoordele te verskaf.

BondAbility bied die huiseienaar die vermoë om die maandelikse premie in geval van ongeskiktheid en siekte in stand te hou en verseker dat die familiewoning in geval van dood presies dit bly.

Verband Dekking Voordele

  • Dit is maklik om aansoek te doen.
  • Geen mediese of MIV-toetse word verlang nie.
  • Doelgemaakte huisleningsversekering bevry die huiseienaar van verbandbetalings in geval van besering, siekte of dood.
  • Buigsaamheid maak dit moontlik om die sekuriteitspeil aan te pas om vir begrotings- en/of huisleningsverhogings voorsiening te maak.
  • Surplusdekking kan vir bykomende sekuriteit vir finansiële behoeftes voorsiening maak.
  • Verbandversekering verseker dat finansiële hulpbronne nie deur onvereffende huisleningsverpligtings in gevaar gestel word nie.
  • U het drie maande se gratis doodsdekking terwyl verbandregistrasie hangende is.
  • In geval van ‘n geldige Paaiementbeskermingseis word alle premies kwytgeskeld terwyl die huiseienaar nie sy of haar eie beroep kan beoefen nie.
  • Die volle Doodsvoordeel sal betaal word selfs indien die Paaiementbeskermingsvoordeel geëis is.
  • In geval van ‘n geldige Paaiementbeskermingseis word die voordele wat in die 90-dae-wagtydperk verskuldig is, agterna betaal.

Produkeienskappe

Sterftevoordeel

In geval van dood sal BondAbility ‘n voordeel gelyk aan die gespesifiseerde dekkingsbedrag uitbetaal. As die dekkingsbedrag meer as die uitstaande huisleningsaldo is, sal die bykomende fondse in die huisleningsrekening inbetaal word.

Paaiementbeskermingsvoordeel

As die huiseienaar as gevolg van siekte of liggaamlike besering verhoed word om vir ‘n tydperk van 90 dae of langer ‘n inkomste te verdien, sal BondAbility die maandelikse huisleningspaaiemente betaal terwyl hy of sy nie kan werk nie.

Die huiseienaar het die opsie om die volle voordeeltydperk, wat omvattende dekking bied, of ‘n korter voordeeltydperk van 24 maande, waarvan die premie meer bekostigbaar is maar wat minder dekking verskaf, te kies.

Bepalings en voorwaardes                              

Minimum toetree-ouderdom 18 volgende verjaarsdag
Maksimum toetree-ouderdom 60 volgende verjaarsdag
Maksimum verstrykingsouderdom Polisverjaarsdag voor 80ste verjaarsdag
Verstrykingsouderdom     Polisverjaarsdag voor 65ste verjaarsdag
Termyn 10, 15, 20, 25 of 30 jaar
Paaiementbeskermingsopsies 24 maande of volle termyn
Minimum versekerde bedrag R100 000
Minimum maandelikse premie R80 per maand
Minimum jaarlikse premie R912
Lenings Geen leningsfasiliteit is beskikbaar nie
Afkoopwaardes Geen


Hierdie inligting is van ‘n algemene aard en vervang nie gedetailleerde finansiële beplanning nie. Die volledige bepalings en voorwaardes word vervat in die polisdokument wat met aanvaarding van die polis aan u gepos sal word.

Nedgroup Assurance Company Beperk onderskryf BondAbility.

Voltooi die volgende vorm vir ‘n kwotasie op Verbandversekering:

Verbandversekering
Rookstatus

Motor en Huisinhoud

Jy kan motorversekering sowel as motor- en huisinhoud versekering kwotasies kry vir Huisinhoud dekking. Kies tussen omvattende dekking…

Verbandversekering

‘n Verband Beskermer Polis om jou huislening of maandelikse paaiement te dek in geval van dood, ongeskiktheid, siekte of werksverlies…

Lewensversekering

Kry ‘n kwotasie vir lewensversekering en jy kan tot 22% bespaar aan premies. Geen mediese ondersoeke word vooraf verlang nie…

Mediese Fondse

Hoe kies jy die regte mediese fonds om na jou en jou familie om te sien wanneer jy dit die nodigste het? Dit is geen maklike taak nie..

KONTAK INLIGTING
Tel: 086 110 1338
Faks: 086 743 6455
Epos: info@multiprof.co.za
POS ADRES
Posbus 804
Hermanus
7200